RSG Landbou: 9 Oktober 2025 – geborg deur BKB

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor Graan Suid-Afrika se Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie, ons gesels met Stephan Becker, Agri Noord-Kaap se jongboer van die jaar, en ons kry die jongste vleispryse en landbouweervooruitsigte.

Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie laat rekords spat

Graan- en oliesaadprodusente het die rekords behoorlik laat spat tydens Graan Suid-Afrika se Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie wat onlangs in Johannesburg plaasgevind het. Corné Louw gesels met ons hieroor.

Agri Noord-Kaap se jongboer van die jaar

‘n Ekstensiewe veeprodusent van die Upington-omgewing, Stephan Becker, is vanjaar as Agri Noord-Kaap se jongboer van die jaar aangewys. Hy gesels oor sy weidingsbestuurspraktyke, hoe sy lamseisoene werk en hoe roofdiere op die plaas bestuur word.

Vleispryse en weer

Dan is daar soos oudergewoonte nuus oor vleispryse en landbouweervooruitsigte.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on...

Suiwelgehalte en -veiligheid vat die voortou

Estimated reading time: 4 minutes Die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) is toegewy tot die bevordering van sy...

AFMA Matrix April 2026 now available

In the April 2026 edition of AFMA Matrix, the spotlight falls on the newly...