‘n Taakspan het vroeër in Oktober byeengekom om die implementering van ‘n naspeurbaarheidstelsel vir die lewendehawebedryf te bespreek. In Maandagoggend se RSG Landbou brei Dewald Olivier van RMIS, oftewel die Rooivleisbedryfsdienste, hieroor uit.
Die gebruik van chemikalieë bly vir beide landbou en die verbruiker ‘n saak van kommer. Die GHS-klassifikasiestelsel spreek dié probleem aan en Gavin Smit van AECI Plant Health brei hieroor uit.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.