Estimated reading time: 2 minutes
Die Wes-Kaapse Landboujeugvereniging het aangekondig dat hy hom aan die opkomende Nasionale Jeugskoukampioenskap in Mpumalanga onttrek. Dit geld vir alle afdelings. Dit volg nĂĄ ân dringende vergadering tussen die bestuur, afrigters en alle landbouskole in die provinsie. Die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap het tot hierdie besluit aanleiding gegee.
Breyton Milford, uitvoerende hoof van Agri-Expo en voorsitter van die Wes-Kaapse Landboujeugvereniging, sĂȘ die Wes-Kaap is tot dusver bek-en-klouseer-vry. Indien dit na die provinsie versprei, sal dit verreikende gevolge vir die veebedryf en die ekonomie inhou.
Moeilike, hartseer besluit
Hy sĂȘ dit was ân moeilike en hartseer besluit, aangesien heelwat van die leerlinge vanjaar vir die eerste keer, asook vir die laaste keer sou deelneem. âBaie van ons reĂ«lings was reeds in plek, ons busse was gereĂ«l, ons ouers en kinders het daarna uitgesien.
âDie realiteit is egter dat daar tans bek-en-klouseer in dele van ons land is waar dit nog nooit was nie. Daarmee saam het dit verreikende gevolge veral in die Oos-Kaap. As dit na die Wes-Kaap versprei, sal dit ernstige nadelige gevolge hĂȘ, veral by ons groot melkplase,â sĂȘ Breyton.
Die vereniging se bestuur besef dat daar maatreëls in plek is om dit te probeer voorkom, maar die praktiese toepassing daarvan maak dit baie moeilik. Dit sluit in om diere vir 28 dae onder kwarantyn te hou soos onlangs in die Staatskoerant aangekondig is, om gereeld klere te wissel, die rit deur heelwat provinsies om in Mpumalanga te kom, ens.
Lees meer oor die onlangse jeugskou in die Vrystaat hier.
Positief sonder simptome
Dit het ook aan die lig gekom dat sekere variante geen simptome toon nie, maar dat diere steeds positief toets en dit versprei.
Nog ân bekommernis van die vereniging is dat bek-en-klouseer ook deur mense oorgedra kan word â veral as so ân persoon van een kudde in ân provinsie na ân ander kudde in ân ander provinsie reis. Dit geld ook vir voertuie, klere, ens.
âDie slotsom is dat dit is ân groot risiko is, en daarom het ons as bestuur met kundiges gesels en besluit dat ons nie vanjaar die risiko gaan loop nie. Ons is sterk ondersteuners van die Jeugskou, ons neem gereeld elke jaar deel en het al met vele kampioenskappe weggestap, maar ons vertrou dat dit die regte besluit was,â sĂȘ Breyton. â Elmarie Smit, Plaas Media