Tuesday, March 11, 2025

‘n Skitterende BKB Merino Classic by 2024 Bloemskou

Estimated reading time: 2 minutes

Die 2024 BKB Merino Classic was ’n hoogtepunt tydens vanjaar se Bloemskou in Bloemfontein. Van 24 tot 26 April het die BKB-kleinveesentrum behoorlik gegons met 44 Merino-telers wat 705 diere by die skou vertoon het.

Verskeie borge was by die geleentheid betrokke. Hulle was BKB, Plaas Media, Voermol Voere, OVK, Molatek, ABSA, Zoetis, Feedtek, Livetrack SA, Virbac en KomTAG.

Die Vrystaatse ram van die jaar is tydens die BKB-skemerkelk aangekondig. Die wenner van hierdie toekenning is PD Jacobs van P’Drino Merino’s van Trompsburg.

Telers wat op die skou uitgeblink het, het spesiale toekennings ontvang. Hulle is Willem Retief van Hanover, Piet Louw van Jagersfontein, Roelo van Heerden van Murraysburg, Kleintjie Pienaar van Graaff-Reinet, en Grant en Stefan Naudé, albei van Hanover.

Voermol Voere het ’n spesiale klas tydens die BKB Merino Classic geborg waarin die tien beste hanteerders van die skou elk ’n prys ontvang het. Sipho Ngco was die wenner van hierdie kategorie. Deidré Louw, Plaas Media

Maak gerus ’n draai op Plaas Media se YouTube-kanaal, Plaas/Farm TV, om na ’n terugvoervideo oor die BKB Merino Classic te kyk. Vir meer inligting, stuur ‘n epos aan deidre@plaasmedia.co.za.


Pine Grove Merino: In voeling met die natuur

Veeplaas het onlangs die droë winterlandskap van Dordrecht besoek, waar Peter Cloete en sy seun David, hul Pine Grove Merino-stoet behartig.

Die stoet, wat vanjaar sy 118de bestaansjaar vier, het begin by Peter se oupa, Toby Cloete, wat as ’n uitgesproke legende in die Merino-bedryf – en iemand wat geweet het wat hy wil hê – onthou word. Toby het aanvanklik saam met sy broer op die plaas Jonashoek in die Indwe-distrik geboer. Hy het egter in 1926 die plaas Dennehof in die Dordrecht-distrik gekoop en sy gedeelte van die Jonashoek Merino-stoet daarheen verskuif. Dit het later as die Pine Grove Merino-stoet op die plaas Pine Grove bekend gestaan.

Klik die skakel vir meer:

Beef and sheep carcass block test and its relevance in South Africa

Estimated reading time: 11 minutes The last official block test performed on South African beef...

Relevansie van die bloktoets vir Suid-Afrikaanse bees- en skaapkarkasse

Estimated reading time: 11 minutes Die laaste amptelike bloktoets op Suid-Afrikaanse bees- en skaapkarkasse is...

Die bestuur van somatiese seltelling in melkbeeste (Deel 1)

Estimated reading time: 5 minutes Hoë somatiese seltelling (SST) in melkkoeie is ’n simptoom van...

On buying a cheaper Chinese vehicle

Estimated reading time: 4 minutes Gert, our farm mechanic, often gets consulted by young staff...