Alhoewel die Suid-Afrikaanse melkbedryf die afgelope dekade goed presteer in vergelyking met ander landboubedrywe, bly melkboere onder druk weens dalende plaashekpryse en stygende produksiekoste. Veeplaas het onlangs met verskeie rolspelers in die melkbedryf gesels om vas te stel wat die vooruitsigte tans vir melkprodusente en die bedryf as geheel is.

Ekonomie van skaal

Die melkbedryf was een van die eerste landboubedrywe wat gedwing was om ekonomie van skaal toe te pas om winsgewend te bly. Kleiner kommersiĂ«le melkplase raak al hoe skaarser en die gesegde, ‘gaan groter of gaan huis toe’, is nou ‘n algemene sĂȘding in diĂ© bedryf.

Volgens Hannes Cilliers, visevoorsitter van die Melkprodusente-organisasie (MPO) in die Oos-Kaap, is daar ’n klomp faktore wat die winsgewendheid van ’n melkplaas beïnvloed. “Die ligging van die boerdery, die mark, insetkoste en beskikbaarheid van die grondstowwe wat ’n melkery benodig, is van die belangrike faktore wat bydra tot winsgewendheid.”

Brett Green is voorsitter van die MPO in KwaZulu-Natal en hy sĂȘ dat talle hindernisse op opkomende melkboere, wat nog hul voet in die deur wil kry, wag. Een van die hoofredes vir die afname in melkprodusentgetalle, is die kapitaal wat benodig word om ’n melkery op die been te bring.

Brett sĂȘ waar daar in 2017 ‘n totaal van 1 444 melkboere in Suid-Afrika was, is daar vandag net 1238. Die aantal melkkoeie het tussen 2012 en 2020 van 638 000 na 603 000 gedaal. In 2015 was 3 075 miljoen liter melk geproduseer, maar in 2019 3 333 miljoen. Produksie per koei het dus toegeneem van 13,17 liter per koei in 2015 na 15,15 liter in 2019.

Brett verduidelik dat die melkbedryf elke jaar melkboere verloor, want dit word al hoe moeiliker om winsgewend te boer. “Deur produksie te verhoog en al hoe groter te raak, kan melkboere meer doeltreffend boer en van hul onkoste per liter melk verminder,” verduidelik hy.

Groener weivelde

Bertus van Heerden, hoofekonoom by die MPO, stem saam dat primĂȘre produsente besig is om uitgedun te raak, maar dat diĂ© wat nog boer, wel hul produksie verhoog.

“In vergelyking met ander landboubedrywe, is daar in die melkbedryf nie ’n deursigtige proses waar die produsenteprys gevorm kan word in terme van markkragte nie. Melkboere is tot ’n groot mate uitgelewer aan die verwerker en kleinhandelaar se beoordeling van die melkmark.

“Ander landbouprodukte is ook nie noodwendig so onderworpe aan bederfbaarheid soos wat melk is nie. Dit beteken dat boere geforseer word om roumelk so vinnig as moontlik te verkoop. Die enigste manier vir melkboere om genoeg inkomste te genereer, is om meer koeie aan te hou en daardeur die voordele van ekonomie van skaal te benut,” sĂȘ hy.

Philip Swart, bestuurder van lededienste by die MPO, sĂȘ ’n groot bron van kommer, veral in die kusgebiede, is boere wat oorskakel van melkboerdery na sitrus- of neuteboerdery omdat die winsgrens per hektaar soveel beter is as in die melkbedryf.

Volgens hom produseer melkboere in die Oos-Kaap, Wes-Kaap en KwaZulu-Natal tans meer as 85% van ons land se melk. Alhoewel minder melkboere in kusgebiede die binnelandse produsentepryse dalk ’n effense hupstoot kan gee, is dit steeds ’n kommerwekkende verwikkeling.

Verbruikersvoorkeure tel

Die suiwelopsies wat Suid-Afrikaners op kleinhandelrakke kan vind, word grootliks deur verbruikersvoorkeure bepaal. Verbruikers is byvoorbeeld bereid om meer te betaal vir gehalte, organiese produkte wat dikwels ook nuwe geleenthede in die melkmark skep.

Bertus glo die vraag na organiese melk sal aanhou groei soos wat mense al hoe meer gesondheidsbewus raak. “Met die uitbreking van die COVID-19-pandemie dink ek verbruikers gaan al meer klem begin lĂȘ op die koop van gehalte melkprodukte. Die oorsprong en verwerkingsproses van melkprodukte raak ook al hoe belangriker vir die verbruiker. Op die oomblik is dit nog ’n klein mark wat stadig optel, maar die mark vir organiese melk gaan definitief in die toekoms groei.”

Hannes is ook van mening dat organiese boerdery meer gewild word. “Ek glo dit is noodsaaklik vir volhoubaarheid in die bedryf. Dit bly egter meestal net ’n droom as gevolg van die hoĂ« koste daaraan verbonde en omdat die beloning daarvoor nie dadelik sigbaar is nie. Op klein skaal sal dit meermale uitloop op ’n sukkelbestaan, want die resultate realiseer net soveel stadiger,” voeg hy by.

Verskil in produsentepryse

Brett sĂȘ daar is nie ’n beduidende verskil in die produsentepryse van groot teenoor klein produsente wat melk aan dieselfde verwerker verskaf nie. “Party melkverwerkers betaal ’n klein volumepremie (tussen drie en ses sent), maar dit is gewoonlik nie noemenswaardig nie.

“Die meeste verwerkers het ’n minimum hoeveelheid melk wat hulle van ’n plaas na hul fabriek sal vervoer. Alhoewel die verwerker die melk vervoer, moet die primĂȘre produsent die vervoerkoste betaal. Die meerderheid klein produsente wat onder hierdie volumevlak produseer, verkoop hul melk aan die informele sektor.”

Volgens Philip kan die beesras, melkvolume, innamepunt, tipe produksie, en melkgehalte alles bydra tot die prys wat produsente per liter roumelk betaal word.

Produsente- vs. verbruikersprys

Volgens Brett is die gaping tussen die verbruikers- en die produsenteprys besig om al hoe groter te raak. “Verbruikers moet al meer betaal terwyl melkboere slegs ’n klein persentasie van die rakprys in hul sak steek. Elke keer as die verbruikersprys styg, word die prys wat aan die melkverwerkers betaal word met ’n klein hoeveelheid opgestoot.

“Die primĂȘre produsent trek gereeld aan die korste ent in die melkwaardeketting met nĂłg kleiner verhogings in die produsenteprys. Meer en meer wins word op kleinhandelvlak gemaak ten koste van die verbruiker en die primĂȘre produsent.”

Volgens Philip kry ’n melkboer min of meer 30 tot 33% van die rakprys, maar ongelukkig raak dit al hoe minder. Bertus hou vol dat hierdie tendens nie ongehinderd kan voortgaan nie. “Daar is een of ander markdistorsie wat reggestel moet word en in daardie proses dink ek sal die oorbeklemtoonde voordele van ekonomie van skaal wat binne die melkbedryf geld, minder begin geld,” sĂȘ hy.

Figuur 1: Maandelikse produsente- en kleinhandelspryse vanaf 2010 tot 2020.

Tegnologie in die melkbedryf

Boere probeer gereeld om hul winsgewendheid te verskerp deur nuwe tegnologie op hul plase te implementeer. Volgens Hannes speel die teel van diere wat volhoubaar produseer, ’n groot rol in doeltreffende melkery.

“Rekenaarbeheerde melking, waar koeie individueel hanteer word volgens gewig, kondisie, produksie, bottervet en proteĂŻene, is een van die tegnologieĂ« wat ons gebruik. Koeie word dus volgens behoefte en prestasie gevoer, wat weer hul doeltreffendheid maksimaliseer. GPS-tegnologie maak die produksie van voer, wat met die maak van kuilvoer en die stroop van graan saamhang, ook meer doeltreffend,” sĂȘ hy.

Brett voeg by dat, soos wat beeskuddes groter raak, dit moeiliker raak om elke individuele koei doeltreffend te bestuur. “Groter plase gebruik dikwels kuddebestuurstelsels om ’n oog op elke koei in die kudde te hou. Dit stel hulle in staat om afsonderlik vir elke koei te sorg.”

Anderkant die horison

Brett meen dat die vooruitsigte vir die melkbedryf dalk nie so rooskleurig lyk nie. “Die melkbedryf het twee tot drie jaar se droogte agter die rug, tesame met lae produsentepryse. Dit het meeste van ons produsente onder hewige finansiĂ«le druk geplaas. Enige ekstra veevoer was in hierdie tyd waarskynlik opgebruik, met talle produsente wie se toegang tot kapitaal ook nou beperk is.

“Die kommer is tans dat die vraag vir melkprodukte onder druk sal kom as gevolg van die pandemie wat verbruikers se sakke knou. Dit kan produsentepryse afwaarts forseer, wat die melkbedryf op sy knieĂ« kan dwing.”

Hannes voeg by dat melkprodusente sedert Junie 2019 onder hewige druk was, maar dat ’n prysverhoging in Mei vanjaar ‘n bietjie verligting vir primĂȘre produsente gebring het. “COVID-19 belemmer die insameling van data, wat dit moeilik maak om te voorspel hoe die res van die jaar gaan lyk.

“Ek glo die gordels moet maar styf ingetrek bly, maar met hoop vir die toekoms. In die melkbedryf is ons al gewoond daaraan dat dit ‘weer sal reĂ«n’,” sluit hy af.

Vir meer inligting, stuur ’n epos aan Bertus van Heerden by Bertus@agriinspec.co.za.
Claudi Nortje, Veeplaas