Tuesday, February 4, 2025

’n Suid-Afrikaanse Wolbemagtigingstrust vir ekonomiese vooruitgang en ontwikkeling

Estimated reading time: 3 minutes

’n Wolbemagtigingstrust wat swart ekonomiese bemagtiging binne-in die Suid-Afrikaanse wolbedryf, van plaasvlak regdeur die waardeketting sal bevorder, is vandeesmaand bekendgestel. Cape Wools SA het sowat 18 maande gelede ’n proses van stapel gestuur waarby alle belanghebbende bedryfsorganisasies in die land betrek is om so ‘n trust vir die land se wolbedryf te stig.

Die Wolbemagtigingstrust beoog om ’n ondersteunende rol aan Cape Wools SA te verleen deur middel van befondsing wat kommunale produsente onder meer sal ondersteun om voldoende wol te produseer wat aan die voorgeskrewe internasionale standaarde voldoen. (Foto: Willie van Heerden, Merino SA)

Die doelwit van die trust is om baie meer en groter deelname vir befondsing op plaaslike en oorsese vlak te bewerkstellig, en terselfdertyd ook regeringsinstansies en departemente as donateurs aan te moedig om die inisiatief te ondersteun. Die trust sal hiervolgens kan bepaal waar verdere befondsing verkry kan word, hoe om geld ten beste aan te wend, en in watter gebiede geld werklik benodig word.

Projekte sal onder meer op infrastruktuur soos skeerhuise in kommunale gebiede fokus, terwyl die trust ’n ondersteunende rol aan Cape Wools SA sal verleen deurdat groter hoeveelhede wol geproduseer word wat aan internasionale standaarde voldoen.

Ontsluit geleenthede

“Met behulp van die Wolbemagtigingstrust wil ons graag geleenthede vir Suid-Afrikaanse swart wolprodusente en deelnemers in die wolbedryf ontsluit,” sê Deon Saayman, uitvoerende hoof van Cape Wools SA. “Ek dink dit gaan ’n baie strategiese liggaam wees wat nie self die funksies gaan verrig nie, maar meer rigtinggewend gaan wees om ’n strategie namens die wolbedryf te bepaal en dit reg te posisioneer vir die bes-moontlike aanwending van die geld wat voorsien word.”

Cape Wools SA, die amptelike verteenwoordigende organisasie van die wolbedryf in Suid-Afrika, het die wiele ongeveer 18 maande gelede aan die rol gesit deur ’n onderhandelingsproses met al die betrokke bedryfsorganisasies te begin, om ’n bemagtigingstrust vir die wolbedryf in Suid-Afrika te stig.

Hele wolbedryf betrokke

Enkele dae ná die amptelike stigting van die Wolbemagtigingstrust, is ’n stigtingsvergadering op 16 September gehou waar Weza Moss, een van Cape Wools se direksielede en ’n bekende sakeman van die Nelson Mandelabaai-metropool, as voorsitter van die trust verkies is. Volgens Moss sal die Wolbemagtigingstrust ’n sleutelrol in die vooruitgang en ontwikkeling van swart wolprodusente speel, veral in die kommunale gebiede waar daadwerklike befondsing benodig word.

Die rolspelers in die trust sluit al die bedryfsliggame van die hele wolbedryf in, asook die regering en spesifiek die minister van landbou, John Steenhuisen. Die minister het twee kundige trustees – een van die Nasionale Landboubemarkingsraad en die ander by die Departement van Landbou in die Oos-Kaap – hiervoor aangestel. Daar is sewe trustees en die trust-akte is só geskryf, dat befondsing wat ontvang word apart gehou kan word en alle koste uit die fondse gerapporteer sal word.

Vir meer inligting, kontak Cape Wools SA by 041 484 4301. – Carin Venter, Plaas Media

Korrekte bewyslewering is belangrik

Estimated reading time: 4 minutes Tydens dissiplinêre verhore en arbitrasieverrigtinge is die werkgewer verantwoordelik om...

As die SAPD weier om klagtes te aanvaar en ondersoeke nie vorder nie

Estimated reading time: 5 minutes Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) word deur die Grondwet van die...

The consequences of not reporting livestock theft

Estimated reading time: 5 minutes South Africa is unique in publishing official livestock theft statistics,...

Predation takes on new dimensions

Estimated reading time: 7 minutes Jackals and caracals remain Karoo livestock producers’ greatest concern, with...