Estimated reading time: 2 minutes
Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:
- Wildlife Ranching South Africa (WRSA), The Eastern Cape Game Management Association and other interested parties met in Bedford recently to discuss the future of the industry. Plaas TV also attended the event and spoke to a few role players.
- AG Bonsmaras van die Plaas Arcadia in die Vrede-distrik het onlangs ‘n suksesvolle 32ste produksieveiling aangebied en die Plaas TV-span het ook dié geleentheid bygewoon. Izak Hofmeyr het hier met ‘n paar rolspelers gesels.
- Die Santa Gertrudis Beestelersgenootskap se fokus lê nie net in respek vir die geskiedenis van dié ras nie, maar om ook voortdurend aan te pas by die behoeftes van die mark. Willie de Jager van die Santa Gertrudis-beestelersgenootskap gesels met ons hieroor.
- Die 2024 Onderstepoort Voerkraaluitdading het onlangs tot ‘n einde gekom en was vanjaar weer ‘n uitstekende platform vir vyfdejaar veeartsenystudente om hul kennis en vaardighede op te skerp. Plaas Media was die trotse mediaborg van dié uitdaging, en Plaas TV het die aksie op kamera vasgevang.
Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.
Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!
Klik op die YouTube kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A
Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.