Friday, October 18, 2024
HomeAdvertorialsSuksesvolle transformasie vereis meer as grondbesit

Suksesvolle transformasie vereis meer as grondbesit

Estimated reading time: 4 minutes

Om die landbousektor te transformeer is nie so eenvoudig soos om ‘n stuk grond te oorhandig en die begunstigdes aan te sê om te begin boer nie. Dit behels ‘n komplekse interkonneksie van talle belangrike suksesfaktore, waarsonder ondernemings waarskynlik sal misluk.

Read this article in English.

Vir hierdie doel het Nedbank Landbou in September 2022 met Partners in Agri Land Solutions (PALS) begin saamwerk en sedertdien het dié vennootskap met rasse skrede gegroei.

’n Nuwe model vir grondhervorming

PALS is ‘n nie-winsgewende organisasie wat deur produsente en die plaaslike gemeenskap in Ceres ontwikkel is om aan opkomende swart produsente die ondersteuning, insig en kundigheid te bied wat hulle nodig het om as kommersiële produsente te floreer.

Lennox Plaatjies, nasionale skakelbestuurder vir PALS, sê die organisasie het ‘n unieke benadering tot grondhervorming. Landbou-ondernemings moet aan agt vereistes voldoen om as PALS-projek oorweeg te word.

Die vereistes is soos volg:

  • Sekuriteit van verblyfreg of besit van grond.
  • ‘n Uitvoerbare en bankbare sakeplan.
  • Kennisoordrag en mentorskap.
  • ‘n Regspersoon met die struktuur en ooreenkomste om alle vennote te beskerm.
  • Sosio-ekonomiese opheffing van werkers.
  • Kapitaal of finansiering.
  • Toegang tot markte.
  • ‘n Gevestigde belang.

PALS het só baie vertroue in die raamwerk wat hulle geskep het, dat hulle dit as ‘n handelsmerk geregistreer het.

Bewese vordering

Met 47 winsgewende projekte in nege jaar is die sukses van hierdie benadering duidelik. Baie van hierdie projekte verskaf hoë-gehalte vrugte aan die wêreldmark.

“Ons beoog om suksesvolle kommersiële produsente te vestig wat volhoubare groei kan bewerkstellig wat hul gesinne en gemeenskappe sal ophef, wins vir alle aandeelhouers kan lewer en toekomstige geslagte sal bemagtig om suksesvolle ondernemings voort te sit.

“Daarom is dit noodsaaklik om ‘n gevestigde belang en grondeienaarskap te hê. Opeenvolgende generasies se rykdom word nie in ‘n enkele generasie geskep nie. Dit is trouens ‘n langtermynprojek, en ons hoop dat die PALS-benadering die lewens van talle generasies sal verbeter,” sê Plaatjies.

Volgens Wandile Sihlobo, hoofekonoom by Agbiz, het Suid-Afrika meer vordering met grondhervorming gemaak as wat mense besef. “Gegrond op syfers uit amptelike bronne, word beraam dat 24% van alle plaasgrond herverdeel is en grondregte herstel is. Dit is egter nie so eenvoudig soos om wit produsente met swart produsente te vervang nie. Ons moet die Suid-Afrikaanse landbou ontwikkel om alle produsente te ondersteun. Dit verg die samewerking en toewyding van alle belanghebbendes.”

Transformasie in landboubefondsing

Cobus de Bruyn, hoof van kliëntewaardeproposisies vir landbou by Nedbank Kommersiële Banksake, sê hoewel PALS baie suksesvol is, is alle belanghebbendes gefrustreerd met die beperkte toegang tot finansiering.  

Nedbank werk saam met PALS om transformasiekrediet anders as die gewone uitleenvoorwaardes te hanteer. Nedbank het ook by Hortfin aangesluit en saam met hulle ooreengekom om die vrugtebedryf se transformasieprojekte te help befonds. Dit sal die finansieringsproses vergemaklik.

“Die gemengde finansieringskema, wat in wese toelaagfinansiering en kommersiële skuld vir swart produsente of vennootskappe sal vermeng, sal die speelveld verander. Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het in 2022 ‘n gemengde finansieringskema van R3,2 miljard met Landbank van stapel gestuur, maar die skema moet by alle handelsbanke geïmplementeer word sodat verandering op skaal kan plaasvind.

“Nedbank Kommersiële Banksake het sy deelname aan die skema bevestig, maar wag op bevestiging om voort te gaan,” sê De Bruyn.

Lees meer oor Nedbank se uitkyk vir 2024.

Dink groter. Dink Nedbank Kommersiële Banksake.

Vir meer inligting, e-pos ons by agriculture@nedbank.co.za.

Must Read

Vleiskenner: “Sagte vleis moontlik vir álle rasse”

Hoewel diere met meer Bos taurus-gene se vleis gewoonlik sagter is as ’n dier met meer Bos indicus-gene, is die vleissagtheidsgeen in alle rasse...