Tuesday, February 4, 2025

RSG Landbou: 8 Oktober 2024 – geborg deur BKB

Wêreld-hondsdolheidsdag het vanjaar op 28 September plaasgevind. Uitbrekings van dié siekte in Suid-Afrika neem toe en ons hoor by staatsveearts, dr Alicia Cloete, wat die oorsaak hiervan is. Sy gesels ook oor voorkoming en behandeling.

Ons vind meer uit oor die stigting van ‘n wolbemagtigingstrust. Deon Saayman van Cape Wools verskaf meer besonderhede.

Dan het rooivleisprodusente onlangs in Upington bymekaar gekom waar sprekers onder meer oor goeie finansiële bestuur en grondgesondheid uitgebrei het. Ons het ook met hulle gesels.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Katoen-verwysingsprys: Week van 27 tot 31 Januarie

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...

LandbouRadio: 3 Februarie 2025

Welkom by 'n splinternuwe LandbouRadio met 'n effense ander baadjie aan. Ons groet vandag ons jarelange omroeper, Gerda le Roux. Aanbieder LiMari gesels met haar oor haar LandbouRadio-reis. Luisteraars kan ook uitsien na die...

RSG Landbou: 3 Februarie 2025 – geborg deur Plaas Media

Senwes het in Januarie aangekondig dat Debbie Bester vanaf 1 April die leisels as uitvoerende hoof van dié landboumaatskappy by Francois Strydom sal oorneem. Ons vind meer uit oor haar loopbaan in landbou. Staatsbeheerde siektes...

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...

A New Era of Mobility: Say Hello to Flexibility with KINTO ONE

Estimated reading time: 3 minutes Imagine the freedom of subscribing to your favourite music, movies, or even gym services. Toyota has introduced this concept to mobility with its innovative KINTO ONE subscription platform. Say hello...