Thursday, December 12, 2024

RSG Landbou: 8 April 2024 – geborg deur BKB

Die impak van die droogte op voedselsekerheid is nie net in Suid-Afrika ‘n saak van kommer nie, maar ook in Suidelike Afrika. Dr Theo de Jager het tydens die Sakeliga KragDag op Malmesbury hieroor gesels.

Is daar ‘n riglyn by die gebruik van oesreste en watter praktyk bied die beste waarde? Dit is sommige van die vrae wat Johan Mouton van Molatek beantwoord.

Verder het ons hierdie week ‘n paar bydrae vanaf die onlangse Bathurst-landbouskou. Ons hoor vanoggend van Lee Botha en sy praat oor die plaaslike pynappelproduksiebedryf.

Daar is soos altyd ook veilingsnuus.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Brommers kan ‘n skaap lewendig opvreet

Estimated reading time: 4 minutes Brommers wat skape aanval, vreet die diere feitlik lewend op. Groenbrommers...

Only an effective vaccination plan can prevent lumpy skin disease

Estimated reading time: 6 minutes Every year producers suffer substantial losses because of their cattle...

Feeding for fertility: How early-life nutrition impacts dairy herds

Estimated reading time: 7 minutes The Guinness World Record holder cow for lifetime milk production,...

Só lyk ’n goeie voerkraallam

Estimated reading time: 5 minutes Die ideale voerkraallam is laat-volwasse, toon uitstekende groei, handhaaf goeie...