Monday, March 10, 2025

RSG Landbou: 5 November 2024 – geborg deur BKB

Innovasie in die wêreld van landbouhandel om kompeterend te bly, kom onder bespreking in moreoggend se RSG Landbou. Yolanda Coleske van BKB Retail brei hieroor uit.

In ons gesprek oor die LNR Vleisbeestoekennings fokus Frans Jordaan op die Spesiale Prestasietoetsklas-kategorieë.

Dan het ons onlangs by Danbred in Potchefstroom met dr Shani van Lochem, ‘n varkveeartskonsultant van Preventicare, gesels oor die suksesse wat behaal is met gemedikeerde depopulasie van varke op twee plase in Limpopo.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Die bestuur van somatiese seltelling in melkbeeste (Deel 1)

Estimated reading time: 5 minutes Hoë somatiese seltelling (SST) in melkkoeie is ’n simptoom van ’n onderliggende probleem. Somatiese seltelling is ’n aanduider van uiergesondheid. Die uitdaging...

Skouseisoen in volle swang – op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Williston-landbouskou het dié dorpie...

Boere maak sports op Brits

Estimated reading time: 6 minutes Meer as 200 jongboere van regoor OBARO se bedieningsarea het verlede Vrydag en Saterdag in spanverband kragte gemeet om te...

Omstredenheid oor Onteieningswet deur Agri SA aangespreek

Estimated reading time: 3 minutes Die Onteieningswet, wat die landboubedryf en georganiseerde landbou in ’n groot debat gewikkel het, het verdeeldheid en onsekerheid ontlok oor...

Williston-landbouskou 2025: Sonskyn na die reën

Estimated reading time: 5 minutes Williston-landbouskou is ’n hoogtepunt op die Karoo se landboukalender. Ten spyte van knellende landboutoestande en droogtes waaronder boere gebuk gaan,...