Monday, March 10, 2025

RSG Landbou: 31 Oktober 2024 – geborg deur AECI Plant Health

Willie Storm, ’n beesboer in die Olifantshoek-omgewing in die Noord-Kaap, is bekend vir sy sukses met die verwydering van indringerplante in sy weidingsgebied en sy veldverbetering. Ons het by ‘n boeredag op Kenhardt met hom hieroor gesels.

Volgens Kobus Bester is hulle in ekstase oor die terugvoer wat die LRF ontvang het oor vanjaar se veeskool. Hy deel ‘n paar gedagtes.

En soos altyd is weervooruitsigte en vleispryse ook op die program.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die bestuur van somatiese seltelling in melkbeeste (Deel 1)

Estimated reading time: 5 minutes Hoë somatiese seltelling (SST) in melkkoeie is ’n simptoom van...

On buying a cheaper Chinese vehicle

Estimated reading time: 4 minutes Gert, our farm mechanic, often gets consulted by young staff...

The future calf in mind: Supplementation of beef cows

Estimated reading time: 5 minutes The nutritional requirements of beef cows change as they proceed...

Laat die beeste die praatwerk doen

Estimated reading time: 7 minutes Hulle is aangewys as KwaZulu-Natal se Jongboer van die Jaar...