Graan SA se Groei vir Goud nasionale opbrengskompetisie het vanjaar weer vir ‘n paar verrassings gesorg. Ons gesels met die sonneblom- en koringwenners.
Sacota, oftewel die Suid Afrikaanse Vereniging vir Graan- en Oliesade-handelaars, se algemene jaarvergadering het groot belangstelling gelok. Dr André van der Vyver verskaf die redes daarvoor.
Johan van den Berg is soos altyd terug met weervooruitsigte en Chris Derksen vertel wat hierdie week met vleispryse gebeur het.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.