RSG Landbou: 27 Junie 2024 – geborg deur Plaas Media

Die Oos-Kaap het van Suid-Afrika se mees prominente melkboere. Melk SA het vroeër in Junie vergader om die impak wat die bek-en-klouseer-uitbreking op dié produsente het, te bespreek. Dr Mark Chimes gee terugvoer.

Brangus SA bied vanjaar op 7 Augustus hul nasionale veiling aan en Kinnear Geldenhuys brei hieroor uit.

Die wintergraanbedryf het via die Wintergraanforum, aansoek gedoen vir ‘n nuwe statutêre heffing op koring, gars en hawer. Die heffingsinkomste sal vir die wintergraanbedryf aangewend word. Die graanbedryf se versoek aan die nasionale landboubemarkingsraad sluit in dat die raad van direkteure uit tien lede bestaan waarvan twee ministeriële aanwysings is. Corné Louw, senior ekonoom van Graan SA, brei hieroor uit. 

Dis Donderdag, en daarom kan jy soos altyd uitsien na nuus oor die weer met Johan van den Berg, en vleispryse met Chris Derksen.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die boublokke van ’n lêhen-onderneming

Estimated reading time: 7 minutes Alan Saunders, voormalige president van die Suider-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa),...

Heterosis: The breeding tool to improve beef production

Estimated reading time: 4 minutes Heterosis is the mating of two different types, or...

Die geheim van goeie somatiese seltellings in ‘n melkkudde

Estimated reading time: 5 minutes Etienne Zeeman van die plaas, Leeurivier, naby Swellendam produseer...

Die onskatbare voedingswaarde van soja-oliekoek

Estimated reading time: 4 minutes Soja-oliekoek bly een van die heel belangrikste insluitingskomponente in...