Die nuwe koringtarief is verlede week uiteindelik aangekondig en Tobias Doyer van Graan SA verduidelik waarom ‘n tarief noodsaaklik is om internasionaal te kan meeding.
Daar is slegs ‘n handjievol papaja-produsente in Suid-Afrika oor. Ons gesels met Gerrit Nieuwoudt van Neofresh oor produksie en die uitdagings van hierdie bedryf.
Chris Derksen is ook op sy pos met vleispryse terwyl Johan van den Berg weersake gesels.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health
AECI Plant Health is ‘n gediverdifiseerde groep. Hul produkte en dienste word aan ‘n breë spektrum van kliënte verskaf in die mynbou, waterbehandeling, plant- en dieregesondheid, voedsel en drank, infrastruktuur en lagemene industriële sektore.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.