Jean van Niekerk, ‘n koring-, kanola- en garsprodusent van Caledon is een van die finaliste vir Graan SA se Graanprodusent van die Jaar-toekenning. Hy praat onder meer oor die wisselboupatroon wat hulle volg en hoe siektes en plae beheer word.
Dan het rooivleispryse tydens die onlangse LRF Veeskool onder bespreking gekom en veral watter faktore dié pryse beïnvloed. Ons luister wat dr Johnny van die Merwe van AMT hieroor te sê gehad het.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.