Wetgewing en regulasie met betrekking tot die gebruik van landbouchemie verander gereeld. Hoe kan die produsent aanpas? SB Coetzee van AECI Plant Health beantwoord hierdie en ander vrae oor dié onderwerp.
Volgens Jannie Strydom van Agri Wes-Kaap kan die sukses van landbou toegeskryf word aan ‘n produktiewe en effektiewe landboudepartement in dié provinsie. Ons gesels met hom hieroor.
Hurwitz Farming se jaarlikse Boran-produksieveiling op Davel bied vanjaar weer die Battle of the Brothers aan, maar ook die Battle of the Siblings. Simeon Hurwitz verskaf meer besonderhede.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health
AECI Plant Health is ‘n gediverdifiseerde groep. Hul produkte en dienste word aan ‘n breë spektrum van kliënte verskaf in die mynbou, waterbehandeling, plant- en dieregesondheid, voedsel en drank, infrastruktuur en lagemene industriële sektore.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.