Saturday, December 14, 2024

RSG Landbou: 2 September 2024 – geborg deur MSD

Ons gesels met HG Human van die Noord-Kaap. Die 39ste Noord-Kaap Veldramveiling word op 11 September op Griekwastad aangebied. Dorperskape, boerbokke en rooi Savannah-bokke sal op aanbod wees.

Verder verskaf Marius Freeman van Jumardi Santas meer besonderhede oor The Selection-veiling wat op 5 September by Sannieshof sal plaasvind. By die veiling sal Santa Gertrudis-beeste asook Dorper- en Witdorperskape aangebied word.

Suid-Afrika het vanjaar gasheer gespeel vir die 9de Wêreldkongres vir bewaringsbewerking. Prof Johann Strauss van die Wes-Kaapse Departement van Landbou vertel ons meer.

#RSGLandbou word dié week met trots deur MSD aan jou gebring.

MSD Animal Health is een van die wêreld se grootste dieregesondheidsmaatskappye. Die maatskappy is toegewyd aan die navorsing en ontwikkeling, produksie en bemarking van innoverende, hoë gehalte dieregesondheidsprodukte.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Brommers kan ‘n skaap lewendig opvreet

Estimated reading time: 4 minutes Brommers wat skape aanval, vreet die diere feitlik lewend op. Groenbrommers...

Only an effective vaccination plan can prevent lumpy skin disease

Estimated reading time: 6 minutes Every year producers suffer substantial losses because of their cattle...

Feeding for fertility: How early-life nutrition impacts dairy herds

Estimated reading time: 7 minutes The Guinness World Record holder cow for lifetime milk production,...

Só lyk ’n goeie voerkraallam

Estimated reading time: 5 minutes Die ideale voerkraallam is laat-volwasse, toon uitstekende groei, handhaaf goeie...