Is Suid-Afrikaanse suiwelprodukte veilig en op standaard? Die Suid-Afrikaanse Suiwelstandaardagentskap speel hier ‘n belangrike rol en Jompie Burger beantwoord ‘n paar vrae oor die werk wat hulle doen.
Tru-Cape het in Mei-maand bygedra tot die voeding van 5 miljoen Suid-Afrikaners en Roelf Pienaar vertel wat die inisiatief behels het.
Verder gesels ons met Janse Rabie van Agri SA oor ‘n mylpaal wat bereik is vir waterbestuur in Suid-Afrika met die bekendstelling van vier opvangsgebiedbestuursagentskappe.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.