Estimated reading time: 1 minute
In vanoggend se RSG Landbou kuier ons by die 199ste Somerset-Oos skou. Een van die organiseerders, Ezelle Marais, gee terugvoer. Ons vind meer uit oor die beoordeling van ‘n wolvagkompetisie wat deur BKB en OVK aangebied is. Dan was die gehalte van die karkasse wat ingeskryf is vir ‘n slaglamkompetisie baie goed. Erick Klopper brei hieroor uit.
In terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes, word landbou in verskillende sub-klasse verdeel. Een voorbeeld hiervan is pakhuise. Stephan Pietersen van Work Accident Support beantwood ‘n paar vrae oor dié onderwerp.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.