Diesel is een van die mees noemenswaardige insetkostes in ‘n boer se begroting. Stygende dieselkoste het nie net ‘n impak op Suid-Afrikaanse landbou en die produsent nie, maar ook die verbruiker. Gerhard Burger van Graan SA brei in vanoggend se RSG Landbou hieroor uit en gee raad aan produsente oor die bestuur van stygende dieselkoste.
Dan is daar gebiede in die droë weste van ons land wat welkome reën ontvang het, maar die prentjie lyk nie oral so rooskleurig nie. Ons hoor wat Sybil Visagie van Karoo Calling hieroor te sê het.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.