Agbiz, die Landboubesigheidskamer, het die 2024 International Food and Agribusiness Management Association kongres in Brasilië, bygewoon. Ons gesels in vanoggend se RSG Landbou met Theo Boshoff hieroor. Hy brei onder andere uit oor globale tendense wat vir die volgende paar jaar ‘n impak op landboubesighede gaan hê.
Chris Derksen is terug met ons laaste vleiprysverslag vir 2024 en Johan van den Berg met ons landbou-weernuus.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.