Wednesday, March 12, 2025

RSG Landbou: 11 Julie 2024 – geborg deur BKB

Die Suiwelstandaardagentskap het sowat agt jaar gelede die Dairy Quality Club tot stand gebring om verskaffers en ander rolspelers in die suiwelwaardeketting se bydrae tot die wetenskap te erken. Jompie Burger vertel ons meer.

Prof Edward Webb, ‘n bekende in veekunde, was een van die sprekers by die 54ste kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde in Oos-Londen. Ons gesels met hom oor sy aanbieding wat op die toekoms van veeboerdery gefokus het.

Johan van den Berg is soos altyd ook op die program met ons landbou-weernuus en Chris Derksen vertel wat hierdie week met vleispryse gebeur het.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Cutting-edge technology for diagnosing cattle abortions

Estimated reading time: 5 minutes Abortions that occur as a result of pathogen infections lead...

Beef and sheep carcass block test and its relevance in South Africa

Estimated reading time: 11 minutes The last official block test performed on South African beef...

Relevansie van die bloktoets vir Suid-Afrikaanse bees- en skaapkarkasse

Estimated reading time: 11 minutes Die laaste amptelike bloktoets op Suid-Afrikaanse bees- en skaapkarkasse is...

Die bestuur van somatiese seltelling in melkbeeste (Deel 1)

Estimated reading time: 5 minutes Hoë somatiese seltelling (SST) in melkkoeie is ’n simptoom van...