Friday, March 14, 2025

RSG Landbou: 10 Desember 2024 – geborg deur BKB

Die plaaslike hoenderbedryf het in 2023 ‘n uitdagende jaar beleef, maar goed herstel in 2024. Izaak Breitenbach van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging brei ook uit oor die redes vir die aansoek om hoender BTW-vry te verklaar.

Dan het die Landbounavorsingsraad op 28 November vir die 46ste keer hul vleisbeestoekennings aangebied en ons luister wat ‘n paar van die wenners oor hul prestasies te sê gehad het. Ons hoor onder meer van Nick Serfontein van die Sernick Groep en Hannes Eksteen van Exsteen Nguni’s en Sanga’s van Piketberg.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Die doel van ‘n winterlek vir beeste

Estimated reading time: 4 minutes Waar ook al die boerdery geleë is, raak dit weer tyd om winterlek uit te sit. Ilanie Swanepoel, ‘n voedingkundige...

LandbouRadio: 14 Maart 2025

In vandag se LandbouRadio: Ons kraakvars weeklikse nuusbulletin. ‘n Onderhoud met Sakkie Nell van die Nell Quattro-boerbokstoet oor hul produksieveiling en 100 jaar-vieringe. David Brandt gesels oor...

LandbouRadio: 13 Maart 2025

In vandag se LandbouRadio: Dr Helena Theron, ‘n senior genetikus by SA Stamboek, vertel ons meer oor perde se genetika oor die eeue. Hanno van Schalkwyk...

RSG Landbou: 13 Maart 2025 – geborg deur BKB

Diesel is een van die mees noemenswaardige insetkostes in ‘n boer se begroting. Stygende dieselkoste het nie net ‘n impak op Suid-Afrikaanse landbou en...

Wolsake by IWTO-rondetafel uitgepluis

Estimated reading time: 4 minutes Die Internasionale Woltekstielorganisasie (IWTO) se jaarlikse rondetafel bied ’n platform waar spelers in die wolbedryf kan saamkom om onlangse suksesse...