Oos-Kaapse Kubota-handelaar bied pasmaak-oplossings vir boere

Estimated reading time: 4 minutes

Die Kubota-trekkerhandelaar, Gamkor, bedien produsente in die Oos-Kaapse suiwel- en sitrusboerderygebiede met toerusting wat die norm én produsente se verwagtinge oortref.

Die mede-eienaars van dié bekende handelaar is broers Conray en Kevin van Rooyen. Hulle spog met 20 jaar se diens en ondersteuning aan die gemeenskap. In hierdie tyd het hulle ’n sleutelverspreider van Smith Power Equipment, die plaaslike verspreider van die gewilde Kubota-handelsmerk, geword.

Geleë in Patensie tussen sitrusboorde, melkplase en welige valleie, bedien Gamkor Kubota boerderygemeenskappe vanaf Van Stadens tot Stormsrivier en die Gamtoosvallei.

Suiwel en sitrus

Die streek word gekenmerk deur veral melkboerderye. Talle produsente het hulle tot die handelaar se trekkers soos die Kubota M8540-, M9540-, M108- en M135-modelle gewend, te danke aan dié trekkers se betroubaarheid en brandstofdoeltreffendheid.

Conray sê hierdie werksesels kan toegerus word met laaiers vir voerhantering en die strooi van kunsmis. Dit word op groot skaal op weidings gebruik vir instandhoudingswerk soos deklaagbewerking en die uitstrooi van kunsmis, insluitend die strooi van mis.

Met kunsmispryse wat die hoogte inskiet weens die oorlog in Oekraïne, strooi produsente al hoe meer mis en ander alternatiewe kunsmisstowwe op hul weidings – nog ‘n taak waarin Kubota-trekkers uitblink. Ten spyte van die hoogs verwerende aard van hierdie kunsmisstowwe, gekombineer met die gebied se seelug, onderskei hierdie trekkers se veerkragtigheid hulle van die res met ’n lewensduur van meer as 10 000 ure – ’n bykans ongehoorde prestasie.

Vir sitrus- en sagtevrugteprodusente is die voorkeurtrekker gewoonlik die Kubota 8540 met óf die geslote kajuit vir bespuiting, óf die oop kajuit met sy laer hoogte wat ideaal is vir algemene trekkerwerk soos die sny of pluk van vrugte. Die laer trekker verseker dat vrugte nie deur enige deel van die trekker beskadig of gekneus word nie. Die oop-kajuit Kubota 8540 is perfek hiervoor weens sy spoorwydte en hanteringsgemak.

Die regte toerusting vir die taak

Die landboulandskap het die afgelope paar jaar ‘n fokusverskuiwing na diversifikasie ondergaan, en vrugteprodusente gryp nuwe geleenthede soos die verbouing van kiwi’s en aarbeie aan. Gamkor Kubota ondersteun hierdie oorgang deur die verskaffing van gespesialiseerde toerusting soos die smal Kubota 7040-, M9540- en L540-modelle wat vir aarbeiboerdery aangepas is.

Hierdie trekkers, met hul aangepaste ontwerpe en smal bande, stel produsente in staat om plantdigtheid te maksimeer en opbrengs per hektaar te optimaliseer. Dit dien as ‘n klinkklare bewys van Kubota se verbintenis tot innovasie. Die trekkers word gebruik vir bemesting, bespuiting, grondvoorbereiding en algemene trekkerwerk.

Weens die groei in organiese en volhoubare boerderypraktyke, het Gamkor Kubota ook sy aanbiedinge aangepas en produsente in die Gamtoosvallei wend hulle toenemend tot Kubota vir toerusting wat geskik is vir verskillende gewasse en nuwe verbouingspraktyke. Hierdie toerusting weerspieël ook die breër neiging na meer kostedoeltreffende en omgewingsvriendelike landbou in die streek.

’n Bekende gesig

Die gehalte van Kubota se toerusting, gekombineer met die uitstekende logistieke voorsieningskettings van Smith Power Equipment se hoofkantoor en takke, maak dit vir plaaslike produsente maklik om die ondersteuning en onderdele wat hulle nodig het in die hande te kry en deur die jaar produktief te bly.

Gamkor se toewyding in hierdie verband maak die Kubota-handelsmerk ’n bekende gesig op Oos-Kaapse plase. Hulle aanbod voldoen aan plaaslike produsente se behoeftes en die toekoms lyk blink wat betref verdere groei en uitbreiding. Met planne om innoverende finansieringsopsies aan te bied en sy diensnetwerk uit te brei, poog Gamkor Kubota om sy posisie as ’n betroubare vennoot vir produsente regoor die Oos-Kaap te verstewig.

’n TLB met ’n langer reikwydte

Kubota bied nou ’n bekostigbare wêreldklas TLB aan produsente. Die Kubota EK110 Xtreme is beskikbaar met ’n ses-in-een laaibak wat as ’n lem gebruik kan word en wat kan oplig, skraap, gelykmaak, laai en selfs as gryparm oopgemaak kan word.

Vir meer inligting, skakel Gamkor Kubota by 042 283 0422 of besoek www.smithagri.co.za.

Must read

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...
red meat tomahawk steak

RMAA Price Information System report for week 36 2024

Estimated reading time: 2 minutes The Red Meat Abattoirs Association (RMAA) is an independent membership-based organisation, which was established in February 1991 with its primary aim being providing specialised training and technical support. The data provided...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 36 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these prices calculated? The Red Meat Abattoir Association (RMAA) gathers pricing data...

Melkvervangers vir varkies groei in gewildheid

Estimated reading time: 4 minutes Vervangers vir sogmelk is nog nie so gewild in Suid-Afrika soos in Nederland of Denemarke nie. Dit neem wel stadig maar seker in gewildheid toe, waarskynlik weens die groter werpsels...
Wikus tussen sy Dohne-Merino’s. (Foto: Stefan Strydom)

Topskaapboer floreer met ’n simplistiese lae-inset benadering

Estimated reading time: 7 minutes Wikus Bekker, ’n Dohne-Merino-boer van die plaas Geluksdam by Edenburg in die Vrystaat, se passie vir teling, en sy toewyding en meelewing in sy boerdery is die hoeksteen van sy...