In vandag se LandbouRadio kan jy die volgende verwag:
- ‘n Gesprek met Louis Wessels van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum oor ‘n nuwe aanmeldingstelsel vir veediefstal.
- Louis Pieterse van Bühler praat oor digitalisering in moderne veevoerproduksie.
- Izaan du Plooy van die LRF vertel meer oor data-aantekening en hoekom dit belangrik is om jou vee se rekords by te hou.
- En in ons melkkuddegesprek met Elanza Fouché van Dairyset, vind ons meer uit oor die oorgangstydperk van laat dragtigheid tot vroeë laktasie van melkkoeie.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.