Die Boran-genootskap kuier in die Oos-Kaap

Estimated reading time: 2 minutes

Die Boran-genootskap het onlangs ’n baie suksesvolle inligtingsdag net buite Oos-Londen aangebied. Christopher Havenga het die kursus by die Ooskus Boran-stoet as ’n ras-adviseur aangebied. Johannes van Rensburg, ’n senior Boran-beoordelaar van Graaff-Reinet, het hom bygestaan.

Beide kommersiële en opkomende produsente het die kursus goed ondersteun. Dit het uit ’n teoretiese en praktiese afdeling bestaan wat oor die voordele van die ras, strukturele korrektheid van manlike en vroulike diere, asook algemene rasstandaarde gehandel het. Aan die praktiese kant is daar met die Ooskus-stoet se Fase D-bulgroep en met ’n groep stoetverse gewerk. Die deelnemers kon daarna, na aanleiding van wat hulle geleer het, die diere in volgorde lys en punt.

Die Boran Beestelersgenootskap van Suid-Afrika (SA) is ’n dinamiese span mense wat baie hard werk om dié populêre beesras in Suid-Afrika te bevorder.

Vir meer inligting, kontak Christopher Havenga by 082 821 1527 of christopherhavenga@icloud.com. – Gerrit Potgieter, raadslid: Boran Beestelersgenootskap van SA


Nasionale Boran-veiling van 2022

Die Nasionale Boran-veiling in Parys was ‘n sukses. Christopher Havenga het ‘n draai by Plaas TV kom maak om te gesels oor wat kopers by dié veiling te wagte kan wees.


Vhanyai Boran: Breeding functional, fertile cattle through proven genetics

A well-educated, humble Boran stud breeder in North West is making his mark in the cattle production industry, despite various challenges that forced him to rebuild his commercial herd. Mpho Munyai decided to leave the corporate world behind in 2018 to pursue his passion for cattle production on a full-time basis. It was the right decision as Mpho, who hails from the small village Tshino Ha-Nesengani in Venda, Limpopo, is now shaking up the sector as a responsible and excellence-driven Boran breeder who is also playing a mentoring role.

RSG Landbou: 2 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

Goeie nuus vir landbou en inwoners wat afhanklik is van water uit die Kougadam...

Plaas TV: Klimaatslim boerdery, AFMA Forum, Agbiz Graan- en Oliesade-simposium en Kubota-trekkers

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is...

Strategies for managing seasonal infertility in pigs

Estimated reading time: 7 minutes The phenomenon of seasonal infertility among pigs is real,...

Avoid unilateral changes to the employment contract

Estimated reading time: 4 minutes The employment contract can be of immense value to...