Wednesday, October 16, 2024

RSG Landbou: 16 Oktober 2024 – geborg deur Pioneer Saad

Grondvoorbereiding vir gewasproduksie kom onder bespreking in moreoggend se RSG Landbou. Mauritz van Heerden van Pioneer Saad gesels onder meer oor doeltreffende grondbewerkingspraktyke, ideale plantdiepte en grondtemperature.

Pieter van Zyl van PGL Boerdery in die Schweizer-Reneke-omgewing is een van drie finaliste in die Graan SA Graanprodusent van Jaar-kompetisie. Ons gesels met hom oor hul boerdery wat hoofsaaklik op mielies en sojabone fokus.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Pioneer Saad.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Trigomoniase: As jy nie toets nie, sal jy nie weet nie

Estimated reading time: 4 minutes Trigomoniase is die algemeenste geslagsoorgedraagde siekte ter wêreld by ekstensiewe...

Verantwoordelike versorging van melkkalwers

Estimated reading time: 7 minutes Verbruikers se aankoopbesluite word meer beïnvloed deur dierewelsyn, smaak en...

Cattle selection decisions based on objectives, resources and environment

Estimated reading time: 9 minutes Genetics are a crucial aspect of the livestock industry, influencing...

Wees lief vir jou motor

Estimated reading time: 4 minutes “Waarom poets Mbali ons Stout se wiele blink?” vra Gert...