Die rol en waarde van die heuningby was die fokus van ‘n opvoedkundige dag wat onlangs op die Vergelegen Wynlandgoed by Somerset-Wes aangebied is. Die dag is in samewerking met die WWF en byeboer, Louis van Niekerk, aangebied.
Landbou die afgelope 100 jaar – dit is die onderwerp van ons gesprek met Schalk Geldenhuys van AECI Plant Health. Hy onthou nog hoe sy oupa op ‘n sigaretboksie die plant -en spuitprogramme neergeskryf het. Kom luister saam wanneer ons ook oor die volgende 100 jaar gesels.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health
AECI Plant Health is ‘n gediverdifiseerde groep. Hul produkte en dienste word aan ‘n breë spektrum van kliënte verskaf in die mynbou, waterbehandeling, plant- en dieregesondheid, voedsel en drank, infrastruktuur en lagemene industriële sektore.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.