Die wolmark verhandel hoër met die Cape Wools Merino-aanwyser wat met 1,5% en 239 punte gestyg het om teen ’n waarde van R166,73/kg vir skoonwol te sluit. Daar was geen veiling in Australië nie. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 2,1% gestyg.

Read it in English

Die wolmark het op die rug van ’n klein aanbieding goed gevaar en met 1,5% gestyg. Die waarde van fyner wol het goed presteer, die vraag na goeie gehalte lang wol was uitstekend en ’n styging van naastenby 2,6% is behaal. Die meerderheid van die aanbieding was gemiddelde lengte en langer wol, waarvoor weereens ywerig meegeding is. Daar was egter dié week nie veel verskil tussen volume aankope van die top drie kopers nie vanweë die kleiner aanbieding.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir seleksie binne die verskillende mikron-kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron neem toe met 2,1% en sluit op R227,18/kg.
  • 18,5 mikron neem toe met 2,3% en sluit op R222,02/kg.
  • 19 mikron styg met 1,1% en sluit op R202,30/kg.
  • 19,5 mikron styg met 0,6% en sluit op R175,63/kg.
  • 20 mikron verhoog met 3,6% tot R163,44/kg.
  • 20,5 mikron is 3,5% sterker en sluit op R154,25/kg.
  • 21,0 mikron neem toe met 2,8% en sluit op R147,60/kg.
  • 21,5 mikron is 4,4% op en sluit op R145,98/kg.
  • 22 mikron is 3,5% op en sluit op R138,62/kg.
  • 22,5 mikron is 2,2% op en sluit op R134,44/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 26 April 2017, wanneer 11 961 bale aangebied word. – Markverslag

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY