Wolmark verhandel 2,6% laer

0
192

Die wolmark het laer verhandel en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,6% en 508 punte gedaal om teen R192,35/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 0,3% afgeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 2,8% verlaag.

Read it in English.

Die heersende goeie vraag na goeie gehalte fyn wol duur voort, maar kopers was versigtig vir oorspandering teen die hoë prysvlakke. Die stewiger rand het ook bygedra tot dié markdaling. Die aanbieding was eweredig versprei, met die meerderheid wol 20 mikron en fyner. Die groter aanbiedings sal nou voortduur soos die mark ontvou, maar in die geheel dui spekulasies op ’n kleiner, droogte-verminderde skeersel dié seisoen.

Die kompetisie tussen kopers was intens, met Modiano wat verreweg vandag die meeste bale gekoop het.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron daal met 5,3% en sluit op R232,12/kg.
  • 18,5 mikron neem af met 2,9% en sluit op R226,60/kg.
  • 19 mikron verlaag met 3,3% en sluit op R212,56/kg.
  • 19,5 mikron verswak met 1,7% en sluit op R202,85/kg.
  • 20 mikron is onveranderd en sluit op R188,80/kg.
  • 20,5 mikron is onveranderd en sluit op R179,16/kg.
  • 21,0 mikron verlangsaam met 1,6% en sluit op R175,39/kg.
  • 21,5 mikron het met 1,8% afgeneem en sluit op R168,06/kg.
  • 22 mikron daal met 2,2% en sluit op R164,08/kg.
  • 22,5 mikron is 1,9% swakker en sluit op R161,20/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 29 November 2017, wanneer altesaam 14 858 bale aangebied sal word. – Markverslag

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY