Wolmark onveranderd

0
720

Die wolmark het op die pasafgelope veiling 1,3% laer verhandel. Die Cape Wools Merino-aanwyser het met 198 punte verswak om teen R155,70/kg vir skoonwol te sluit. Op die Australiese mark het die aanwyser met 1,1% gestyg, terwyl die Cape Wools Allewol-aanwyser met 1% gedaal het.

Redelik baie wol is aangebied ten spyte daarvan dat die seisoen begin afplat. Kopers was van mening dat die vraag verlangsaam en na verwagting sal afneem.

Die uitslag van die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë van goeie, lang kamwoltipes (MF5) is:

• 18 mikron styg met 1,8% en sluit op R173,93/kg;
• 18,5 mikron neem met 3% toe en sluit op R167,64/kg;
• 19 mikron neem met 0,2% af tot op R163,44/kg;
• 19,5 mikron daal met 1,1% tot op R160,10/kg;
• 20 mikron verswak met 2% tot op R156,26/kg;
• 20,5 mikron daal met 1,5% en sluit op R156,06/kg;
• 21 mikron neem met 1,1% af en sluit op R156,29/kg;
• 21,5 mikron daal met 2% tot op R154,56/kg;
• 22 mikron neem met 3% af en sluit op R154,65/kg.

Daar sal aanstaande week geen veiling aangebied word nie. Die volgende veiling is eers op 13 April in Port Elizabeth. – Markverslag

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY