Die wolmark het effens laer verhandel en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 0,7% en 132 punte gedaal om op ’n waarde van R184,24/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 0,6% afgeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 0,4% verlaag.

Read it in English. 

Die uitstekende prestasie van die wolmark duur voort en die mark kapitaliseer op die volgehoue sterk aanvraag na goeie gehalte lang en fynwol. Die pryse het effens teruggesak en die opbrengste van die fyner-mikron groepe het die meeste gedaal. Die wisselkoers het bykans geen invloed op die wolmark gehad nie vanweë die sywaartse verhandeling van die Amerikaanse dollar. Die veiling was na verwagting klein en kommer oor die vermindering van wol op aanbod duur voort.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron het met 3,7% gedaal en op R216,71/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 3,6% afgeneem en op R211,15/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 2,8% verlaag en op R200,14/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 1,5% verswak en op R191,42/kg gesluit.
  • 20 mikron is 1,4% laer en het op R181,61/kg gesluit.
  • 20,5 mikron is 0,4% swakker en het op R175,23/kg gesluit.
  • 21,0 mikron het met 0,9% verlangsaam en op R168,58/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 0,6% afgeneem en op R164,47/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 0,2% gedaal en op R165,47/kg gesluit.
  • 22,5 mikron is 0,1% swakker en het op R160,65/kg gesluit.

Die volgende veiling is vir 7 Februarie 2018 geskeduleer, wanneer altesaam 5 299 bale aangebied sal word. – Markverslag

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY