Die wolmark het sterker verhandel en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,6% en 279 punte gestyg om teen ’n waarde van R181,99/kg vir skoonwol te sluit. Op die Australiese mark het die aanwyser met 0,3% afgeneem, terwyl die Cape Wools Alle Wol-aanwyser met 1,7% gestyg het.

Read it in English.

Ten spyte van ’n wisselvallige rand en verhoogde volumes gelewer by makelaars, het die wolmark voortgebeur en met 1,6% gestyg. Kopers rapporteer ’n uitstekende vraag vir fyner wol en ’n rekordprys is behaal vir ’n merkwaardige lot lamwol. Goeie gehalte lang wol geniet steeds ’n goeie vraag, maar vandag het die gesogtheid van mediumlengte wol prysstygings laat uitblink.

Kompetisie tussen die kopers bly hewig soos wat hulle vir ’n markaandeel meeding. Standard Wool het die grootste hoeveelheid bale aangekoop, met Modiano kort op sy hakke.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron styg met 1,0% en sluit op R229,87/kg.
  • 18,5 mikron neem toe met 0,8% en sluit op R216,01/kg.
  • 19 mikron verhoog met 0,7% en sluit op R201,62/kg.
  • 19,5 mikron versterk met 1,0% en sluit op R189,87/kg.
  • 20 mikron is 1,2% hoër en sluit op R179,32/kg.
  • 20,5 mikron is 0,2% sterker en sluit op R171,25/kg.
  • 21,0 mikron styg met 0,9% en sluit op R166,83/kg.
  • 21,5 mikron het met 0,3% afgeneem en sluit op R160,79/kg.
  • 22 mikron daal met 0,3% en sluit op R156,74/kg.
  • 22,5 mikron is 0,5% swakker en sluit op R153,50/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 1 November 2017, wanneer 10 013 bale aangebied sal word. – Markverslag

 

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY