Die wolmark het effens hoër verhandel. Die Cape Wools Merino-aanwyser styg met 0,6% en 109 punte om teen R187,65/kg vir skoon wol te sluit. Die Australiese EMI het met 0,8% toegeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser styg met 0,6%.

Read it in English.

Die huidige wolleweringseisoen is gekenmerk deur die volgehoue goeie vraag na goeie gehalte lang- en fynwol en die afgelope veiling was geen uitsondering nie. Dit was die laaste veiling voor die Desember-sluiting en die mark het stewig verhandel oor alle woltipes en het goeie opbrengste vir wolprodusente gelewer. Die hoeveelheid wol ontvang deur die makelaars is egter jaar-op-jaar steeds minder as voorheen. Die kompetisie tussen kopers was goed.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was as volg:

  • 18 mikron daal met 2,1% en sluit teen R230,96/kg;
  • 18,5 mikron neem met 2,3% toe en sluit teen R223,77/kg;
  • 19 mikron verhoog met 1,3% en sluit teen R209,14/kg;
  • 19,5 mikron versterk met 0,4% en sluit teen R198,65/kg;
  • 20 mikron is 0,4% af en sluit op R182,78/kg;
  • 20,5 mikron is 0,4% swakker en sluit op R173,40/kg;
  • 21 mikron verlangsaam met 0,2% en sluit op R170,20/kg;
  • 21,5 mikron het met 0,2% afgeneem en sluit op R163,52/kg;
  • 22 mikron styg 0,9% en sluit op R162,88/kg;
  • 22,5 mikron is 1,9% beter en sluit op R160,98/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 10 Januarie 2018. – Markverslag

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY