Die wolmark verhandel aansienlik hoër en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 6,3% en 1 140 punte gestyg, om teen R193,39/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 3,1% toegeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 6,0% verhoog.

Read it in English.

Die wolmark het vandag besondere opbrengste aan wolprodusente gelewer as gevolg van gelyke bydraes van ’n verswakkende rand sowel as die uitstekende vraag na goeie gehalte lang wol. Pryse het oor al die kategorieë gestyg en fyner tot sterker wol het daarby gebaat. Kopers het vir ’n tweede agtereenvolgende week rekordpryse bo die R200/kg weerstandsvlak betaal.

Die kompetisie onder kopers was sterk en Modiano het daarin geslaag om die grootste aantal bale te bekom.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron styg met 5,0% en sluit op R241,31/kg.
  • 18,5 mikron neem toe met 6,1% en sluit op R229,18/kg.
  • 19 mikron verhoog met 5,5% en sluit op R212,77/kg.
  • 19,5 mikron versterk met 6,9% en sluit op R202,99/kg.
  • 20 mikron is 6,9% hoër en sluit op R191,73/kg.
  • 20,5 mikron is 5,6% sterker en sluit op R180,89/kg.
  • 21,0 mikron styg met 5,4% en sluit op R175,90/kg.
  • 21,5 mikron het met 5,6% toegeneem en sluit op R169,83/kg.
  • 22 mikron styg met 6,0% en sluit op R166,20/kg.
  • 22,5 mikron is 3,4% beter en sluit op R158,77/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 8 November 2017, wanneer sowat 10 000 bale aangebied sal word. – Markverslag

 

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY