Die wolmark het laer verhandel en die Cape Wools Merino-aanduider het met 3% en 579 punte gedaal om teen ’n waarde van R186,56/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 0,8% afgeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 3,1% verlaag.

Read it in English. 

Daar was ’n volgehoue goeie vraag na goeie gehalte lang en fyn wol. Die verhandeling het stadig begin en die pryse was traag, maar die mark het mettertyd verstewig. Die hoeveelheid wol wat by makelaars se pakhuise ontvang is, het verhoog namate die seisoen gepiek het. Kopers bly versigtig optimisties, maar het wel genoem dat weerstand in die mark ontwikkel teen die hoë prysvlakke.

Kompetisie tussen die kopers was goed en Modiano het vir ’n tweede agtereenvolgende week die meeste bale gekoop.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron styg met 1,6% en sluit op R235,85/kg.
  • 18,5 mikron neem af met 3,5% en sluit op R218,64/kg.
  • 19 mikron verlaag met 2,8% en sluit op R206,52/kg.
  • 19,5 mikron verswak met 2,4% en sluit op R197,91/kg.
  • 20 mikron is 2,8% laer en sluit op R183,55/kg.
  • 20,5 mikron is 2,9% swakker en sluit op R174,03/kg.
  • 21,0 mikron verlangsaam met 2,7% en sluit op R170,60/kg.
  • 21,5 mikron het met 2,5% afgeneem en sluit op R163,89/kg.
  • 22 mikron daal met 1,6% en sluit op R161,40/kg.
  • 22,5 mikron is 2,0% swakker en sluit op R157,91/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 6 Desember 2017, wanneer 15 037 bale aangebied sal word. – Markverslag

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY