Die wolmark het hoër verhandel en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2% en 375 punte gestyg om op ’n waarde van R191,83/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 0,6% toegeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 2,5% gestyg.

Read it in English.

Die sterk vertoning van die wolmark het onverpoos voortgeduur, en is gekenmerk deur die goeie vraag na hoë gehalte lang en fyn wol. Alle mikron-groepe het duurder verhandel, met fyner wol wat die grootste stygings getoon het. Kopers het genoem dat daar ’n merkbare voorkeur vir langer wol was weens besorgdheid oor die beskikbaarheid daarvan in die afsienbare toekoms.

Die kompetisie tussen kopers was uitstekend en die sterk mededinging van Segard Masurel het verseker dat geen enkele koper die oorhand kon kry nie.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron styg met 2,7% en sluit op R233,57/kg.
  • 18,5 mikron neem toe met 2,1% en sluit op R225,89/kg.
  • 19 mikron verhoog met 2,7% en sluit op R212,49/kg.
  • 19,5 mikron versterk met 3,5% en sluit op R202,28/kg.
  • 20 mikron is 3,1% hoër en sluit op R190,88/kg.
  • 20,5 mikron is 3,9% sterker en sluit op R182,85/kg.
  • 21,0 mikron styg met 3,4% en sluit op R176,70/kg.
  • 21,5 mikron het met 3,3% toegeneem en sluit op R169,06/kg.
  • 22 mikron styg met 2,1% en sluit op R167,76/kg.
  • 22,5 mikron is 0,4% beter en sluit op R163,16/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 24 Januarie 2018, wanneer ongeveer 8 185 bale aangebied sal word. – Markverslag

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY