Die wolmark het vandag weer goed presteer en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,3% en 248 punte gestyg om teen ’n waarde van R197,43/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 2% toegeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 1,6% verhoog.

Read it in English.

’n Interessante twee-dag veiling is gehou, waar twee derdes van die wolaanbieding fyner as 20 mikron en slegs die helfte langer as 60mm getoets het. Sterkwol-prysvlakke is slegs gehandhaaf, terwyl die uitstekende vraag vir 18 tot 19,5 mikron goeie gehalte lang kamwol pryse verhoog het en die mark algeheel hoër verhandel het.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron styg met 1,4% en sluit op R245,13/kg.
  • 18,5 mikron neem toe met 1,4% en sluit op R233,27/kg.
  • 19 mikron verhoog met 0,9% en sluit op R219,80/kg.
  • 19,5 mikron versterk met 0,9% en sluit op R206,29/kg.
  • 20 mikron is 1,7% hoër en sluit op R193,89/kg.
  • 20,5 mikron is 1,1% sterker en sluit op R183,91/kg.
  • 21,0 mikron styg met 0,4% en sluit op R178,16/kg.
  • 21,5 mikron het met 0,1% afgeneem en sluit op R171,11/kg.
  • 22 mikron styg met 0,4% en sluit op R167,79/kg.
  • 22,5 mikron is 1,3% hoër en sluit op R164,31/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 22 November 2017, wanneer 11 720 bale aangebied sal word. – Markverslag

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY