Die wolmark het effens duurder verhandel en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,2% en 219 punte gestyg om op ’n waarde van R181,78/kg vir skoonwol te sluit. Op die Australiese mark was die aanwyser 1,6% hoër, terwyl die Cape Wools Alle Wol-aanwyser met 1,4% gestyg het.

Read it in English.

Die wolmark het vandag sterk weggespring, maar mettertyd momentum verloor. Die aanbieding het meestal uit lang en fyner Merinowol bestaan, waarvoor daar ’n groeiende aanvraag is. Die medium lengtes fyner wol het waarde ingeboet, terwyl die sterker wol duurder verhandel het. Daar was ’n goeie aanvraag vir fyner wol.

Dit was weereens ’n redelike groot veiling en die kopers het sterk meegeding vir die dalende volumes wol wat deur die makelaars ontvang is.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron styg met 3,3% en sluit op R229,79/kg.
  • 18,5 mikron neem toe met 0,7% en sluit op R213,87/kg.
  • 19 mikron verhoog met 1,3% en sluit op R201,26/kg.
  • 9,5 mikron versterk met 2,1% en sluit op R191,46/kg.
  • 20 mikron is 1,9% hoër en sluit op R180,19/kg.
  • 20,5 mikron is 0,5% sterker en sluit op R171,49/kg.
  • 21,0 mikron styg met 0,8% en sluit op R166,81/kg.
  • 21,5 mikron het met 2,7% toegeneem en sluit op R165,94/kg.
  • 22 mikron styg met 0,3% en sluit op R161,50/kg.
  • 22,5 mikron is 1,9% beter en sluit op R159,58/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 18 Oktober 2017, wanneer altesaam 9 339 bale aangebied sal word. – Markverslag

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY