Die wolmark het vandag goed vertoon en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 0,8% en 156 punte gestyg om op R194,95/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 2,8% toegeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 0,8% verhoog.

Read it in English.

’n Stewige mark is gekenmerk deur ’n goeie vraag vir alle wol wat aangebied is, maar weereens was goeie gehalte lang wol die gesogste en toppryse is daarvoor behaal. Fyner wol het ook goed presteer en kopers het weereens rekordpryse daarvoor betaal.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron styg met 0,2% en sluit op R241,73/kg.
  • 18,5 mikron neem toe met 0,4% en sluit op R230,12/kg.
  • 19 mikron verhoog met 2,4% en sluit op R217,89/kg.
  • 19,5 mikron versterk met 0,7% en sluit op R204,51/kg.
  • 20 mikron is 0,5% swakker en sluit op R190,69/kg.
  • 20,5 mikron is 0,5% swakker en sluit op R181,85/kg.
  • 21,0 mikron styg met 0,9% en sluit op R177,44/kg.
  • 21,5 mikron het met 0,9% toegeneem en sluit op R171,33/kg.
  • 22 mikron styg met 0,6% en sluit op R167,18/kg.
  • 22,5 mikron is 2,2% hoër en sluit op R162,27/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 15 November 2017, wanneer 12 657 bale aangebied sal word. – Markverslag

 

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY