Wolkoors neem die Karoo op horings by vanjaar se Winterwolfees

Estimated reading time: 2 minutes

Wol is ‘n natuurlike vesel wat mens en dier koel hou gedurende die warm somermaande, en warm hou wanneer die skraal wintersonnetjie saans agter die berge en rante verdwyn.

Die kollig het by vanjaar se Karoo Winterwolfees geval op dié nisproduk wat op talle skaapplase in Suid-Afrika geproduseer word. Tydens die geleentheid, wat onlangs by Middelburg in die Oos-Kaap plaasgevind het, is die intrinsieke waarde en veelsydigheid van wol gevier. Middelburg in die Karoo het ‘n lang wolgeskiedenis en is in een van die beste Merino-distrikte van die land geleë. Daarom is dit die ideale plek om die vele fasette van wol te vier.

  • Sake van belang soos wolsertifisering was onder die vergrootglas by Boerepraatjies. Op die foto is die paneellede van links na regs Jacques le Roux, hoofbestuurder van OVK se veselafdeling, Stefan Gerber, Gerber & Co, Juan Venter, produksie-adviseur by die Nasionale Wolkwekersvereniging, Paul Lynch, vise-voorsitter van Cape Wools en eienaar van Standard Wool, Corné Nel, BKB-area bestuurder van die sentrale streek, Nico Groenewald, landboubesigheid Standard Bank, en Fransie Fourie, Agri Oos-Kaap raadslid.

Die Winterwolfees is ‘n inisiatief wat begin is deur vier boervroue van die distrik, naamlik Yolandi Erasmus van Beskuitfontein, Marlize Moolman van Rusoord, Nelmi Uys van Suidenhof en Sarah van Lingen van Dwarsvlei.

Volgens Moolman, sluit die Karoo Winterwolfees baie mooi aan by wolproduksie as ‘n natuurlike vesel waar produsente daagliks met skape en wol werk. “Dit is ‘n eksklusiewe fees wat daarop fokus om die verskillende fasette van wolproduksie op die plaas vir mense te wys, en terselfdertyd na leersame praatjies oor die wolbedryf te luister.”

Lees meer oor OVK se gala-funksie tydens die fees.

  • Stefan en Yolandi Erasmus boer op die plaas Beskuitfontein waar verskeie fees-aktiwiteite aangebied is.

Aktiwiteite by vanjaar se fees het die volgende ingesluit:

  • Middelburg historiese toer en plaastoere.
  • Demonstrasies van skaaphanterings- en weegtoerusting.
  • Skaapskeer en wolklassering.
  • Spin- en weefdemonstrasies.
  • Skaaphond-demonstrasies (teling, opleidingsproses en die gebruik van ‘n fisies en emosioneel volwasse hond).
  • Karoobossies: Kyk en leer.
  • Wol-wedren vir atlete en/of bergfietsryers, en ‘n 3km of 10km wandelroete vir stappers.
  • Karoo Winterwolmark met verskeie wol- en ander produkte te koop.
  • Oggend-gassprekerprogram met dr Piet Croucamp van Noordwes Universiteit se Besigheidskool, Wandile Sihlobo van Agbiz en Jackie May van Twyg.
  • Boerepraatjies met Agri Oos-Kaap en ‘n paneel van sprekers.
  • ‘n Motiveringspraatjie deur Hendrik Botha, ‘n produsent van Cradock.
  • Musikante: Bok van Blerk en Joe Niemand.

Vir meer inligting, kontak Yolandi Erasmus by 073 476 5422 of info@karoowinterwoolfestival.com. – Carin Venter, AgriOrbit

Must read

BKB Merino Ope vertoon die room van SA Merino’s

Estimated reading time: 2 minutes Die BKB Merino Ope wat deur Nampo Kaap op Bredasdorp aangebied is, het 13 Merino-telers gelok wat met uitstekende diere teen mekaar meegeding het. Die teler wat die meeste...

Katoen-verwysingsprys: Week van 25 tot 29 September 2023

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...

EDE Farming 2023 Boeredag: Bulkrag, die sleutel tot sukses

Estimated reading time: 3 minutes Op 30 Augustus vanjaar het EDE Frieslands, ’n vertakking van Ede Farming, hulle jaarlikse boeredag aangebied onder die tema ‘Bulkrag, die sleutel tot sukses’. Michiel Heyns, ’n Jersey-boer vanuit die...
Fluctuations in fertiliser prices impact on food inflation.

Inclusive regional value chains can create opportunities

The 17th Annual Competition Law, Economics, and Policy Conference hosted by the Competition Commission in conjunction with the Competition Tribunal recently brought together role-players in Johannesburg to share insights on the current state of...

RSG Landbou: 3 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

‘n Angoraprodusent van die Willowmore-omgewing, Fred Colborne, het vroeër vanjaar ‘n wêreldrekordprys vir ‘n baal kleinbokkiehaar behaal. Ons gesels met hom in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou en hoor wat sy ondersteuners van...