Wintergewasse – 2016 produksieseisoen

0
407

Die Oesskattingskomitee het onlangs die oesskattings vir wintergewasse vrygestel. Volgens rekords is die derde kleinste oppervlakte beplant met koring, een van die land se hoof wintergewasse. Die kleinste oppervlakte beplant met koring was gedurende 2014, toe 476 570ha geplant was, terwyl die tweede kleinste oppervlakte gedurende 2015 geplant was, naamlik 482 150ha. Sien die oesskattings vir koring en ander wintergewasse soos kanola en moutgras hier onder.

Koring: Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder koring is 486 350ha, wat 0,87% of 4 200ha meer is as die 482 150ha wat verlede seisoen geplant is. Die beraamde oppervlakte beplant in die Wes-Kaap is 320 000ha, wat 10 000ha meer is as die 310 000ha wat verlede seisoen geplant is. Vir die Vrystaat is die aanplantings 90 000ha, wat ook 10 000ha meer is as die 80 000ha wat verlede seisoen geplant is. Die oppervlakte beplant in die Noord-Kaap is 35 500ha, wat 500ha minder is as die 36 000ha wat die vorige seisoen geplant is.

Ander gewasse: Die voorlopige oppervlakskatting vir moutgars is 88 400ha, wat 5,69% of 5 330ha minder is as die 93 730ha van verlede seisoen. Die oppervlakte onder kanola is 70 500ha, wat 9,67% of 7 550ha minder is as die 78 050ha wat verlede seisoen geplant is.

Neem kennis dat die hersiene oppervlakte beplant en eerste produksieskatting vir wintergewasse vir 2016 op 25 Augustus 2016 vrygestel sal word. – Oesskattingskomitee

Laai die Oesskattingskomitee se volledige verslag hier af.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY