Die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie, in samewerking met Veeplaas en Stockfarm, word sedert 2014 met groot sukses aangebied. Deur die loop van 2016 het studente van verskeie universiteite hard gewerk om kuilvoermonsters te neem op elk van die deelnemende plase. Die kuilvoermonsters se gehalte word wetenskaplik deur ’n paneel van onafhanklike kenners gemeet en beoordeel. Die toetsproses is nou voltooi en 15 finaliste is pas bekendgemaak.  Monsters is vanjaar geneem uit mielie-, voersorghum- en hawer-kuilvoerbunkers. Die kuilvoerkoning word egter slegs uit die kategorieë vir mielie- en voersorghum-kuilvoer gekies, aangesien die hawerkategorie, as gevolg van min inskrywings in daardie kategorie, nie in die rondte ‘n deelnemende kategorie is nie. Die inskrywings met die hoogste punte in dié kategorie ontvang wel meriete-toekennings.

Dié plase word nou weer besoek en die 2016 Santam Landbou Kuilvoerkoning sal in Februarie 2017 aangekondig word.

Besoek die hutsmerk #Kuilvoerkoning op Facebook of Twitter vir meer oor die vordering van die kompetisie.

Die finaliste is:

Mieliekuilvoer

  • Leon Badenhorst             
  • JH Blanckenberg              
  • Limpopo Dairy
  • Wynn Dedwith 
  • Job Legemaat   
  • Danie Louw 
  • Mafunyane
  • Hannes Neethling           
  • Ian Oosthuizen 
  • Bennie van Greunen      

Voersorghum-kuilvoer

  • Westend Landgoed
  • Waltkon Voerkraal
  • Gert Wessels     

Hawer-kuilvoer

  • JH Blanckenberg              
  • Jan Schoonwinkel       

Sien foto’s van die plaasbesoeke hier:    

Meer oor die 2015-kompetisie:

2015 Santam Landbou kuilvoerkoning gekroon


NO COMMENTS

LEAVE A REPLY