Estimated reading time: 2 minutes
Die bestuur van die Wes-Kaapse Jeugskou het die drastiese stap geneem om as gevolg van bek-en-klouseer nie vanjaar die nasionale kampioenskappe in Lichtenburg by te woon nie.
Lees meer oor die 2022 Nampo Alfa hier.
Hierdie besluit is geneem op aanbeveling van die Wes-Kaapse Departement van Landbou dat die Wes-Kaapse Jeugskou nie die risiko moet neem om die provinsie, wat tans bek-en-klouseer-vry is, die sektor én die veebedryf, in gevaar te stel nie. Telers in die Wes-Kaap wat skoudiere voorsien is ook ongemaklik met die huidige uitbreking, en van hierdie telers het reeds aangedui dat hul nie hul diere beskikbaar gaan stel om uit die Wes-Kaap te beweeg nie.
Lees meer oor die Bloemskou se kampioene hier.
Die jeugskoubestuur het ook wyd met kundiges op hierdie gebied (Ruvasa, Rooivleisprodusente Organisasie Wes-Kaap, en ander) gekonsulteer en hul aanbeveling stem ooreen hiermee. Tans is daar 127 aktiewe gevalle van bek-en-klouseer in Suid-Afrika en ’n verbod op die vervoer van beeste is ingestel om die siekte onder beheer te probeer bring. Hoewel hierdie verbod hopelik opgehef sal wees wanneer die skou plaasvind, is die risiko te groot om hierdie besluit eers later te neem.
Lees hoe die Wes-Kaapse Jeuskou erkenning aan leerders gegee het.
Hierdie is ’n drastiese stap, veral omdat die nasionale kampioenskappe die laaste twee jaar nie kon plaasvind nie en dat die Wes-Kaap-span hierdie kompetisie al sedert 2006 wen. Maar, om gehoor te gee aan die Departement van Landbou wat ’n gewaardeerde vennoot van die Wes-Kaapse Jeugskou is, en in belang van die provinsie, is die bestuur genoodsaak om hierdie besluit te neem. – Breyton Milford, Agri-Expo
Klik hier vir ‘n skrywe vanaf die Hoofstaatsveearts in die Boland.