’n Poolse lendeskyf van ’n 29 maande oue graangevoerde Limousinbees is vanjaar in Londen, Engeland, tydens die World Steak Challenge 2017 as die beste biefstuk in die wêreld aangewys.

Dit is die derde jaar wat hierdie kompetisie gehou is en die ABP-voedselgroep in Pole, wat dié biefstuk ingeskryf het, het verlede jaar ook ’n goue medalje verwerf. Die beoordelaars het na afloop van die kompetisie gesê hulle het aanvanklik gedink dit behoort ’n Wagyu-biefstuk te wees, maar toe hulle hul tande daarin slaan het hulle besef hierdie is ’n ander soort vleis en beslis ’n wenner.

Die beoordelaars het die moeilike taak gehad om die wêreld se beste biefstuk uit 120 inskrywings te kies. Hierdie inskrywings het 17 lande verteenwoordig en kom uit 25 verskillende beesrasse. Uit die inskrywings is 17 goue, 19 silwer en 33 brons medaljes toegeken. Volgens die beoordelaars moes hulle eienskappe soos vetverspreiding, snit, aroma, sappigheid en smaak gebruik om die amptelike wenner aan te wys. Die algehele wenner kom uit die kudde van F&M Frᶏckowiak in Wielkopolskie, Pole. – Koos du Pisanie

Klik hier om die volledige artikel te lees.


NO COMMENTS

LEAVE A REPLY