Mutton and Lamb SA het onlangs wenke vir die feestyd se skaapvleis-aankope gedeel. Sien die vyf top-wenke hier.

  1. Koop en beplan vooruit. Dit is baie meer ekonomies om ’n heel of halwe skaap te koop en te laat opsny soos jy dit wil hê as om ’n klein pakkie vleis by die naaste winkel te koop voor ’n braaiery.
  2. Skaapnek is ’n heerlike, sappige snit wat lank en stadig in die oond gaargemaak kan word sonder dat dit uitdroog. Dit is ook die perfekte Kersfees-braaistuk vir ’n paartjie of klein familie.
  3. Die belangrikste van skaapvleisinkopies is jou familie se behoeftes. As ouma of kleinboet geneig is om ’n galaanval van te lekker eet op Kersfees te kry, kies dan liewer ’n maerder snit soos skaapboud pleks van skaapnek of blad.
  4. Omdat skaapboud reeds ’n maerder snit is, moet mens daarteen waak om dit vir ure in die oond te laat uitdroog. Vra eerder jou slagter om die boud te ontbeen en te “butterfly” en braai dit oor warm kole met ’n lekker sousie.
  5. Oorskiet-skaapvleis is heerlik in ’n somerslaai, tacos of “wraps” die dag ná die groot feesmaal. – Mutton and Lamb SA

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY