Koershou met Hennie

Deur Alwyn Viljoen

Met trots geborg deur Toyota

Wanneer ballonpaaiemente sin maak

Estimated reading time: 4 minutes

“Maar hoekom kan jy nie ’n Hino op ’n afbetalingsplan aan my verkoop nie?”

Vusi, die dieselwerktuigkundige se vakleerling, is besig om vir lobola te spaar en wil iets groter as sy ou Bantam hê om sy koolkoppe na kliënte toe te karwei – hy reken grootmaatverkope sal hom help om vinniger te spaar.

Maar Kula wou niks hiervan hoor nie. Kula is ons plaaslike Toyota-verkoopsverteenwoordiger en het kom inloer om te sien hoe dit met die motor gaan wat hy aan Vusi se verloofde verkoop het. Dit was die eerste een wat hy met Toyota se Future Drive-afbetalingsplan verkoop het.

Read it in English.

Dit was toemaaktyd – die skape was al in die skuur en die laaste klant wat ’n paar bale gekoop het, is afgesien. Nou hou ons rustig die kroeg met ons elmboë regop. Nadat ons gemor het oor die prys van diesel en erken het dat ons geen benul het wat die probleme in Rusland en China aan kunsmispryse gaan doen nie – behalwe dat dit sleg gaan wees – het die gesprek na voertuigfinansiering beweeg.

Die A tot Z van ’n afbetalingsplan

“Soos ek vir Mbali gesê het: Met die afbetalingsplan huur jy inderwaarheid net die motor by ons teen ’n baie, baie lae tarief – dis nou in vergelyking met enige motorhuurmaatskappy. Die transaksie is slegs vir ’n bepaalde aantal maande – nooit meer as twee jaar nie – en so driekwart deur dit, ruil ons die motor in vir ’n nuwer model.



“Só kon Mbali ’n nuwe, betroubare motor bekostig en ophou stres oor sy saans alleen op die grondpaaie met ’n skorokoro moes ry. En omdat die transaksie binne die waarborg- en onderhoudsplan se tydsraamwerke val, het ek ook seker gemaak sy hoef nie oor diensrekeninge te bekommer nie. Dit word alles in haar maandelikse paaiement gedek.”

Hou by die plan …

“Presies,” sê Vusi. “Ek wil dit alles vir myself ook hê, maar net met ’n Hino. Hulle is mos in dieselfde stal as Toyota. Sit vir my ’n deal aanmekaar, toe man!”

“Ek kan jou seker na een van my vragmotorkollegas verwys om ’n huurooreenkoms op te stel, maar ek gaan nie,” sê Kula. “As hy eers vir jou die fynskrif op daai transaksie verduidelik, sal jy sien dat ’n bybetaling gehef word as jy die voertuig teruggee met meer kilometers op as wat die ooreenkoms toelaat. En meer koste sal gehef word indien die gewone skrape en duike wat plaastrokke maar kry, uiteindelik die vereistes van die billike slytasie-evaluering aan die einde van die ooreenkoms oorskry.

“En ek weet mos jy kan nie beeste vir die stokvel of die kopkool na ekasi vervoer sonder om ons kilometers te oorskry en baie slytasie te veroorsaak nie. Uiteindelik gaan jy net ingedoen voel en my nie meer jou vriend wil noem nie.

“Vra liewer vir Hino om vir jou ’n goeie transaksie met ’n inruil uit te werk, sodat jy dieselfde paaiemente as op ’n afbetalingsplan kan betaal. Die inruil sal ons billike-gebruik assessering slaag en jy sal ’n betroubare laaiwa kry wat joune is, nie ’n huurmotor met boetes vir skade nie,” verduidelik Kula.

Haibo,” sê Vusi. “Nou wonder ek of dit ’n goeie idee was dat jy ’n motor op hierdie afbetalingsplan aan Mbali verkoop het. Daar’s net te veel fynskrif!”

Die waarde van ballonpaaiemente

Op hierdie noot voel ek genoop om ook ’n eier te lê. Ek het immers vir Mbali met raad bedien toe sy haar eerste motor wou koop.

Ek verduidelik vir Vusi dat ballonbetalings die beste transaksie vir jongmense is, solank hulle besef dat hulle ’n lang huurverhouding met die handelaar aangaan, wat hulle in ’n nuwe ryding sal hou solank hulle aanhou om die motors betyds en in goeie kondisie in te ruil.

Klik hier vir raad oor motors kies.

“As sy die motor verruil terwyl die gebruikte waarde steeds meer as die finale ballonbetaling is, sal sy elke twee jaar die nuutste model ry en laer paaiemente betaal as wat die aankoop van die motor haar sou gekos het,” sê ek.

“Maar wat as ons begin babas kry en sy nie meer kan werk om vir die kar te betaal nie?” vra Vusi.

“Dan, jongman, moet jy maar net genoeg geld maak om die kar te koop. Die ding is darem net deur een dametjie gebruik. Een wat jy baie goed ken.”

Hierop voeg Kula by: “Ek sal vir jou ’n goeie deal maak sodat jy aanhou terugkom. Maar moenie so bekommerd wees nie. Jy sal binnekort genoeg geld maak om daai kar te koop, selfs met nét jou Bantam onder jou. Ek sien mos hoe hard jy werk en hustle vir ekstra inkomste.”

Vusi lig sy bier. “Wyse woorde! Maar vir nou dink ek die ou wat gesê het ons moet ons kinders leer boer, was ook ’n wyse man. So sal hulle nooit genoeg geld hê om enige sondes te pleeg nie!”