HomeAgri NewsWagyu-genootskap se bedryfsbeampte tree uit

Wagyu-genootskap se bedryfsbeampte tree uit

Estimated reading time: 2 minutes

Die Wagyu-genootskap van Suid-Afrika (WSA) het die bedanking van sy bedryfsbeampte, Elandri de Bruyn, aangekondig. Haar bedanking is vanaf 17 November 2023 van krag.

De Bruyn was vanjaar die eerste ontvanger van die Michael J Bradfield-gedenkbeurs wat by die Universiteit van New England in Australië ter ere van dr Bradfield beskikbaar gesetel is. Hierdie beurs word deur dié universiteit en die Landboubesigheidsnavorsingsinstituut (ABRI) in Australië befonds. Dit bied aan ‘n MSc- of PhD-student die geleentheid om verder by dié universiteit se dieregenetika- en teel-eenheid (AGBU) te studeer. De Bruyn, wat ‘n  graad in Veekunde aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf het en haar meestersgraad in produksiefisiologie en produkkwaliteit onder leiding van prof Eddie Webb voltooi het, is opgewonde oor die geleentheid wat aan haar gebied word en wil groter hoogtes in die bedryf bereik. Om van hierdie geleentheid gebruik te maak, moet sy egter reeds in Desember in Australië wees om by die nuwe akademiese jaar in te val.

In ’n skrywe aan die bedryf het De Bruyn haar dankbaarheid vir die ondersteuning en samewerking wat sy van WSA en lede van Gesertifiseerde Wagyu Beesvleis (CWB) gedurende haar ampstermyn ontvang het, uitgespreek. Sy het ook genoem dat sy toegewyd is om ’n gemaklike oorgang gedurende hierdie tydperk te verseker. Sy het haar daartoe verbind om nou saam met die kantoorpersoneel en die Wagyu-raad te werk om te verseker dat alle onvoltooide projekte so moeiteloos as moontlik oorhandig word.

Lees meer oor die Wagyu-mark.

Sy het genoem dat die vennootskappe met WSA en CWB van ontskatbare waarde vir haar was en sy glo dit sal selfs na haar uittrede ‘n impak maak.

Sy het WSA bedank vir die ondersteuning, leiding en geleenthede wat sy gebied is en hoewel sy opgewonde is oor die nuwe hoofstuk in haar loopbaan, hoop sy om in die toekoms weer met belanghebbendes se paaie te kruis.

Kontak die Wagyu-raad vir enige navrae tydens die oorgangstydperk.

Wagyu President – Bob Hobson bob.hobson@wagyu.org.za

CWB Direkteur – Fritz Bezuidenhout fritz@wagyu.org.za

Korporatiewe bestuur en finansiële direkteur – Johan Strydom jastrydom@gmail.com

Rasverbetering en genetika direkteur – Waldo Scheepers waldo@trifillgroup.co.za

Sosiale ontwikkeling direkteur – Dr Baldwin Nengovhela nkhanedzenin@dalrrd.gov.za

Produk-ondersteunings direkteur – Henning Klopper sales@zuneywagyu.com


Rooivleis op die randjie van groot uitbreiding

Veeprodusente het die afgelope jaar of twee behoorlik die wind van voor gekry. Tussen droogtes, siektes en Covid-19 het bedryfskoste ook nog maand na maand gestyg. Dit laat ’n mens wonder waar staan die rooivleisbedryf werklik. Is dit ’n bedryf wat besig is om te versmoor of is daar hoop? En kan die bedryf sy markaandeel vergroot?

Prof André Jooste is verbonde aan die Departement Landbou-ekonomie aan Universiteit Stellenbosch en hy het met Veeplaas gesels oor rooivleis se plek en rol in die algehele landbousektor.

Lees meer hier.

Must Read

RSG Landbou: 4 September 2024 – geborg deur MSD

Die belang van omgewingsreg en -bestuur vergroot namate omgewingskwessies dringender raak. Hierdie onderwerp het onder bespreking gekom tydens Agbiz Grain se 8ste SHEQ-virtuele werksessie....