Sunday, March 26, 2023

Vrystaatse boere hou asem op ná swaar reën

Estimated reading time: 2 minutes

Boere in die Vrystaat is bekommerd dat die optimale planttydperk besig is om uit te loop, nadat die provinsie die afgelope tyd bonormale reën ontvang het.

Hugo van Doornick, ’n boer in die Bethlehem-omgewing, sê dat ryp ’n groot kommer vir soja-aanplantings vroeg in April word indien boere later as November plant. Hy noem ook dat boere in dié gebied reeds 208mm reën vir November ontvang het.

Lees meer oor die reënval van die afgelope jaar hier.

“Boere in die omgewing het sover bitter min geplant en dit wat reeds geplant is, versuip nou.” Afgesien van die baie nat lande, is talle boere blykbaar ook op hul plase vasgekeer as gevolg van die nat toestande. Rudi Janse van Vuuren van Allanridge, sê boere in sy omgewing het vir November reeds 201mm reën gekry.

Hy noem dat die water op sommige dele van die S161-pad reeds ’n voet diep is. “Die landerye is geweldig nat. Water loop uit of staan op sommige plekke net.”

Lees meer oor die effek van swaar reënval op dieregesondheid hier.

In die Marquard-omgewing het boere oor die afgelope sewe dae reeds tussen 100 tot 150mm ontvang.

Boere in die Rouxville-omgewing het ook reeds by die 160mm reën gekry en kan volgens Cois van Rooyen nie nou plant of lusern sny nie. “Hoewel ons dankbaar is vir die reën, het dit ook sy eie uitdagings,” meen Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou. “Afgesien van aanplantings wat versuip, rig die baie reën ook erge skade aan ons reeds verkrummelde padinfrastruktuur aan.” – Persverklaring, Vrystaat Landbou

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, gesels elke week op RSG Landbou met Lise Roberts oor weersake. Klik op die knoppie hieronder om saam te luister na die nuutste weerverslag.

Die veranderende Suid-Afrikaanse volstruisbedryf

Estimated reading time: 7 minutes Die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf is die wêreldleier in terme van...

Slaggate vir doeltreffende werking van onkruiddoders

Estimated reading time: 6 minutes Onkruiddoders behoort nie die enigste of laaste uitweg vir...

Driegasheerbosluise: Pak dié bloeddorstige spesie met handskoene aan

Estimated reading time: 4 minutes As draers van verskillende kiemspesies, kan bosluise siekteveroorsakend wees...

Hou jou windpomp aan die draai

Estimated reading time: 3 minutes Daar is baie maniere om water uit die grond...